HOE WERK DIT?

Soms, partykeer en gereeld kry ons hierdie volgende vraag: "Hoe werk dit as ek iets bestel op julle aanlynwinkel?"

Wel, kom ons vertel jou sommer.

 

STAP EEN:

Jy kies ietsie awesome op ons aanlynwinkel en gooi dit in jou trollie en check uit. Jy kan maar hard gooi, want dis 'n aanlynwinkel en nie 'n regte trollie nie. So al 4 ons wiellietjies loop mooi. Maak altyd gebruik van ons "size chart" sodat jy weet jy bestel die korrekte grootte item, want dit word spesiaal vir jou gemaak en kan nie omgeruil word nie (maak dus seker dit pas).

 

STAP TWEE:

Ons kry jou bestelling en ons sit ons slawe... ag, ek meen ons sit ons personeel hard aan die werk om jou pakkie mooi te maak. Ons gebruik slegs die beste katoen materiaal en druk slegs met DTF(Direct To Film) en Embroidery op sommige plekke, wat albei sorg vir premium gehalte uit die boonste rakke.

Ons PLAASKLIKE bestellings ongeveer 5-7 werksdae om gemaak te word en ons INTERNATIONALE bestellings neem so 3-8 werksdae om gemaak te word en ons verskeep dan daarna. 

STAP DRIE:

Niemand hou van wag nie, so ons verskeep jou pakkie vinniger as Cheslin Kolbe in 'n wêreldbeker finaal. Onthou wel dat ons 'n derde party koerier gebruik, so hulle mag dalk langer neem om by seker afgeleë plekke te kom.

INTERNASIONALE bestellings verskeep tussen omgeveer 4 tot 14 werksdae nadat dit gemaak is, want almal woon mos nie op dieselfde plekke nie en party iewers in 'n hoekie van die aardbol. 

Jy sal altyd terugvoer en e-posse ontvang wanneer jou bestelling plaas word, asook wanneer dit verskeep ens. 

ELKE PRODUK HET SY EIE SIZE CHART INDIEN JY NA 'N PRODUK SE MATES WIL KYK.

 

STAP VIER:

Jy is só gelukkig met jou snaakse afrikaanse hemp (of hemde) dat jy nie kan ophou glimlag nie. Mens sou sweer jy is geborg deur Aquafresh.